Klein Karoo Nasionale Kunstefees

(126)

About

Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) is Suid-Afrika se Afrikaanse Moederfees. Dié fees is sedert 1995 ’n instelling op die kunstefees-kalender, met ’n program wat alle genres in die uitvoerende kunste, sowel as visuele kuns, insluit. 

Sedert die COVID-19-pandemie die wêreld getref het, het die KKNK sy virtuele skoene aangetrek, met aanlyn vermaak wat regoor Suid-Afrika – trouens, die wêreld! – geniet kan word.

Die fees bied vermaak vir die hele gesin en teiken nie slegs besoekers aan die magiese Klein-Karoo nie, maar ook die mense van Oudtshoorn en omstreke, die Oos-Kaapse Karoo en Tuinroete met verskeie gemeenskapsprojekte. 

Skud jou vere reg vir gasvryheid, natuurskoon, en jolige samesyn – selfs al vier jy (vir nou) fees op jou rekenaar, TV of slimfoon.

#KKNKoraloor

Reviews

4.7
from 126 reviews
"Enjoyed the movie. Captured my attention and moved me to think about the meaning of life and my relationships. "
- Niekie
"Ek en my seun het dit saam baie geniet. In die begin was ons n bietjie onseker en verward, maar ons was vas genael om te sien waaroor dit eintlik gaan. My seun is n rugby speler en het die grappies baie geniet, want dis alles so eg en waar. Tipies Suid Afrikaans. Met tye was ek hartseer en my seun het al hoe nader aan my gesit...dis wat ek graag wou he...dit het ons beslis nader aan mekaar gebring...Dankie!!"
- Hannelie
"Wondetful stage prrsonalities. "
- Anonymous
"Absolutely fantastic - what beautiful voices !!"
- Gerrit
"Such a delight to be able to see such good drama in the comfort of my home. Also a wonderful gift for family outside of the country. Please do more"
- Anonymous

Contact info

Twitter Feed